Missie

Baardman was oor die afgelope jare te midde van die baardrevolusie opsoek na ‘n produk om sy baard mee te voed wat alle verwagtinge kon oortref. Wie wil dan iets wat jy so trots op jou gesig dra behandel met ‘n produk wat middelmatig is? Nee, net soos wat jy nie ‘n kompromie wil aangaan met jou gesondheid nie, moet jy ook nie ‘n kompromie aangaan met jou voorkoms nie. Helaas, na jare se gesoek het daar nog nooit ‘n produk die mark betreë wat voldoen aan die hoë standaarde wat Baardman gestel het nie.

Daarom het Baardman besluit om sy eie te vervaardig.

Met ‘n bietjie visie en hope passie bring Baardman ‘n reeks produkte na die mark wat oor ononderhandelbare gehalte beskik. Alles wat te koop aangebied word is ontwikkel in ‘n laboratorium in samewerking met ‘n chemiese ingenieur en ander kosmetiese spesialiste. Dit word klinies getoets om te verseker dat jy ‘n produk koop waarmee geen ander kan vergelyk nie. Die beste deel daarvan is dat Baardman se grootste vereiste is dat dit bekostigbaar vir almal moet wees en kompeteer ons met die beste produkte teen die beste pryse.

So as jy ‘n lekker baard het en trots is daarop om jou manlikheid so ten toon te stel, vra jouself: Hoekom is ek nog nie deel van die Baardman Revolusie nie?

Sluit vandag aan by die Revolusie: Bring terug die baard. Bring terug die man. Bring terug die Baardman!

Baardman has been looking for a product in the midst of the beard revolution of recent years, to nourish his beard that exceeds all expectations. Who wants to treat something that you wear so proudly on your face with a product that is mediocre? No, just as you do not want to compromise on your health, you should not compromise on your appearance. Unfortunately, after years of searching, there has never been a product on the market that meets Baardman’s high standards.

Therefore, Baardman decided to manufacture his own.