Vrae & Antwoorde

Baardolie

Baardolie is ‘n kosmetiese produk wat gebruik word om die vel onder die baard te voed en te bevogtig, sowel as die baard self om dit “sag, blink en glad” te hou. Baardolie naboots die natuurlike olies wat deur die vel vervaardig word, soos sebum, en bestaan hoofsaaklik uit draerolies en essensiële olies.
Baardman Baardolie verjong droë, jeukerige, bros baarde en laat hulle straal. Dit streel droë vel, versag die hare en moedig selfs baard en snorgroei aan.
Baardman se olies is geskik vir daaglikse gebruik en afhangende van jou behoefte kan jy dit tot 3 keer per dag aanwend.
Baardolie is ontwerp vir jou vel, daarom is die regte manier om dit onder jou baard direk aan die vel aan te wend en net die oorskot op jou hande aan jou baard te vryf. ‘n Kam kan gebruik word om die olie egalig te versprei.
Die rakleeftyd van ‘n algemene bottel baardolie is ongeveer 6 maande. Baardman Baardolie het rakleeftye van 12, 18 en 24 maande afsonderlik.

Gebruiksgewys behoort ‘n 30 ml bottel jou ongeveer ‘n maand te hou. As dit een keer per dag gebruik word.

Hoe vroeër, hoe beter. Omdat baardolie vir jou vel bedoel is, is die beste tyd om te begin wanneer daar nog nie ‘n baard is nie.
Almal se velle verskil en dit het ‘n groot invloed op enige reukmiddel wat ‘n mens gebruik, maar gebasseer op die toetse wat ons gedoen het hou die reuk vir ten minste 4 ure en party mense se terugvoer beweer dit hou tot en met 10 ure.
Al ons olies, met die uitsondering van die Biker, is 100% natuurlik. Die biker is presies 98.28% natuurlik en is die enigste olie wat ‘n parfuum bevat.
Geen produk wat essensiële olie bevat hou daarvan om blootgestel te word aan hitte of direkte sonlig nie. Die amberbotteltjies is die beste beskemmiddel teen die elemente, maar die beste plek om jou baardolie te stoor is in ‘n spasie weg van oormatige hitte en direkte sonlig. So nie in jou stort nie, maar dit kan wel naby jou wasbak of in ‘n laai in die badkamer gebêre word.
Daar is ‘n volledige lys eienskappe van elke olie gelys onder elke produk in ons winkel. Indien jy nog steeds onseker is het ons die Mini Versameling beskikbaar gestel waarin jy al 6 olies kan koop om uit te probeer en jou gunsteling te vind.

Bestellings

Baardman sal deurgaans promosies aanbied wat produkte se aankooppryse sal beïnvloed. Jy sal die blad moet dophou om daarvan kennis te neem.
Jy kan inderdaad indien daar nie ‘n verbod op invoere van hierdie tipe produk in die betrokke land is nie en hou in gedagte dat versendingskostes drasties kan verskil van plaaslike kostes. Kontak ons gerus.
Baardman Baardolie maak ‘n fantastiese geskenk. Jy kan op die bestelvorm by verkope enige afleweringsadres invul en Baardman kontak om ‘n persoonlike kaartjie of nota saam met die pakkie te stuur.

Aflewerings

Baardman maak gebruik van derdeparty koerierdienste sowel as die SAPD (Suid-Afrikaanse Pos Dienste) en kan ons dus nie ‘n afleweringstyd waarborg nie. Die gemiddelde tyd val egter gewoonlik tussen 2 en 5 besigheidsdae, afhangende van die deel van die land waarin jy woon.
Vir die meeste produkte is daar ‘n gestandaardiseerde bedrag soos ooreengekom deur Baardman en die koeriers waarvan ons gebruik maak. Dit is wel afhangend van waar in die land jy woon en kostes kan verskil vir afgleë dorpe.
Daar word gebruik gemaak van derdeparty koeriers om internasionale aflewerings ook te doen en die moontlikheid daarvan hang af van die beskikbaarheid van koerierdienste in daardie land. Baardman kan wel pakkies pos ook alhoewel dit nie meer ‘n betroubare medium is nie. Ons sal ons bes probeer om dit na enige plek in die wêreld te stuur, maar dit kan natuurlik ook ‘n invloed op die kostes hê.

Kleinhandelaars

Enige onderneming wat ‘n behoefte het kan Baardman se produkte aanhou. Daar is egter nie tans ruimte vir individueë om as verkoopsmense op te tree nie.
Daar is ‘n skaal vasgestel wat gebasseer is op die hoeveelheid produkte wat bestel word. Dit sal privaat met ondernemings bespreek word.